" ’n Verpleegster is iemand wat voed, koester en beskerm—iemand wat bereid is om die siekes, beseerdes en bejaardes te versorg "

- Nursing in Today’s World, Challenges, Issues, and Trends

Meer Oor Ons

Die Emmanuel Verpleegskool Oudtshoorn is ʼn verpleeginstansie vir die toekoms waar aspirant verpleegsters ʼn gelyke kans gebied word om te vorder in die eeue-oue edelberoep van versorging van die sieke met voete in die hede en die oog op die toekoms

Kursusse

Studeer by Emmanuel Verpleegskool Oudtshoorn

Die skool is geregistreer by DHET – Department Higher Education and Training ( No. 2018/HE07/005) vir Hoër Sertifikaat Verpleeghulp maar die skool moet nog wag vir akkreditasie van Suid Afrikaanse Raad op Verpleging (SARV).

Die skool is ook in proses met die registrasie vir die 3 jaar Diploma Verpleegkunde (Staff) kursus.

Kontak Ons

Emmanuel Verpleegkollege
· Tel: 044 272 8884
· Faks: 044 272 8382
· E-Pos: info@evk.co.za
· Adres: Jubileestraat 69, Posbus 1148, Oudtshoorn, 6625

 

Missie

Die EMMANUEL VERPLEEGKOLLEGE OUDTSHOORN streef om, deur toegewyde doeltreffendheid, binne die beleid van die SA Raad op Verpleging, verpleegsters van alle groepe in die Suid-Afrikaanse populasie op te lei deur middel van uitkomsgebaseerde onderrig.


Visie

Die EMMANUEL VERPLEEGKOLLEGE OUDTSHOORN verbind homself tot hoë standaard verpleeg-onderrig om Oudtshoorn en omliggende dorpe te voorsien van volwasse, professionele, kreatief-denkende verpleegsters wat ʼn omvattende gesondheidsdiens kan lewer.